Leopold Godowski

Leopold Godowsky in 1915

Leopold Godowski (13 Februarie 1870 – 21 November 1938) was 'n Pools-Amerikaanse klaviervirtuoos [1], komponis, en onderwyser. Hy was een van die mees hooggeagte uitvoerders van sy tyd - en bekend om sy teorieë betreffende 'die aanwending van ontspanne gewig en ekonomie van beweging' binne die klavier- of pianiste tegniek - beginsels wat later gepropageer is deur van Godowski se leerlinge soos Heinrich Neuhaus.

Hy was tussen die musikale reuse van sy tyd beskou as die Boeddha van die klavier , en hy was verder waarskynlik die mees verstommende geval van 'n selfgeleerde kunstenaar en skepper in die geskiedenis van kuns, welke hom uitsonderlik maak.[2] Ferruccio Busoni het ook beweer dat hy en Godowski "die enigste komponiste was om enigiets van belang of betekenis by te voeg tot die klavier repertoire sedert Franz Liszt."

Godowski was as komponis die beste bekend vir sy Java Suite, Triakontameron, en sy Passacaglia en Walzermasken. Hy het ook verskeie transkripsies of verwerkings van ander komponiste se werke gemaak. Die mees bekendste werk in die verband is die 53 Studies op Chopin se Études. (1894–1914).[3]

  1. Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.50. ISBN 978 2 3505 5192 0.
  2. http://www.godowsky.com
  3. Hopkins, Grove

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy